Monday, January 31, 2011

Higiëne

Object Lesson:
Kiddies het die dag afgeskop deur hulle handjies te was in 'n skottel terwyl hulle die ABC liedjie sing - dit verseker dat hulle dit lank genoeg doen! Ek (Ilonka) het vir die pret blou kleursel by die water gegooi, aangesien ons kleur van die week "blou" is. Ek het baie informeel probeer praat oor hoekom higiëne belangrik is, maar die gemiddelde aandagspan in die groepie is maar baie laag!

Babas het buite op die gras binne die vierkantige speelraam gesit en speel, en dit het ons platvorm vir die week se vorm (vierkantig) uitgemaak. Almal het gedink dis groot pret terwyl ons om die vierkant marsjeer terwyl ons tel tot 12 (syfervaardigheid!).

Almal het om die blou vierkantige tafel gesit en inkleur (horlosie met tandjie-motief) waarna groot-motoriese spel die grootste deel van die dag opgeneem het. Ons het ook aandag aan sirkels gegee, aangesien ons 'n pampoen in die groentetuin gaan oes het: dit was 'n skattejag na 'n pampoen wat in die blombedding "weggekruip" het.

Taal:
So tussenin die wassery en etery het ons 'n gediggie probeer inwerk:

Skoon hande
Hier is nou iets wat ek moet leer:
my hande was ek elke keer
net voor ek eet; dit is gesond
so bly die kieme uit my mond
(Elizabeth Snyman)

Vandag was ook werklik produktief aangesien ons dit reggekry het om 'n storie gelees te kry. Ek het vir die kleinstes se onthalwe gefokus op die kleurryke illustrasies en die storie aansienlik verkort. 'n STERK dramatiese aanslag het ook gehelp om die aandag te hou!! Dit het ook gehelp dat ons buite gesit het, sodat die kinstetiese leerdertjies (die meerderheid) elke nou en dan kon rondhardloop en weer storie luister.

No comments:

Post a Comment