Thursday, January 27, 2011

Tema: Gesondheid & Hiegiene

Ons volgende tema is Gesondheid en Hiegiene
Hier is 'n oulike website waar ons inkleurprente kan aflaai gratis:

Hierdie is een van hulle:



Gideon, Alex en Dirk gaan more tandarts toe vir 'n algemene ondersoek, en dan begin ons volgende week met die tema. Theoline, dalk wil jy jou kinders ook neem volgende week of so...?

Aktiwiteit:
Ek kan 'n paar goedjies uitknip uit filt soos n dokter en n stetoskoop, tandarts en tandeborsel, 'n bad en 'n waslap, dan moet hulle besluit watter item pas waar...

Ons kan ook 'n prentjie van 'n gesonde tand en \n tand met n gaatjie in uitdruk en dan kossoorte kos in tydskrifte, ek het baie Discovery Health tydskrifte en dan moet hulle besluit watter kos gee goeie tande en watter maak gaatjies...

2 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. Dankie Ilonka!

    Hierdie liedjie kan ons ook leer:
    Vryf jou handjies teen mekaar, teen mekaar, teen mekaar,
    Vryf jou handjies teen mekaar as jy jou handjies was.

    O ja ek het so n oulike Afrikaanse storieboek met mooi prentjies van n muis wat nie wil bad nie.

    http://www.paperbackswap.com/Miko-Bath-Way-Brigitte-Weninger/book/0698400135/

    ek sal dit donderdag vir die klomp by my lees en hom intussen vir Ilonka leen om met haar kids in die aand (of when ever) te lees en dan donderdag sal ek dit vir Theoline gee sodat sy dit die naweek kan gebruik.

    groete en liefde
    Corli

    ReplyDelete