Monday, January 31, 2011

Higiëne

Object Lesson:
Kiddies het die dag afgeskop deur hulle handjies te was in 'n skottel terwyl hulle die ABC liedjie sing - dit verseker dat hulle dit lank genoeg doen! Ek (Ilonka) het vir die pret blou kleursel by die water gegooi, aangesien ons kleur van die week "blou" is. Ek het baie informeel probeer praat oor hoekom higiëne belangrik is, maar die gemiddelde aandagspan in die groepie is maar baie laag!

Babas het buite op die gras binne die vierkantige speelraam gesit en speel, en dit het ons platvorm vir die week se vorm (vierkantig) uitgemaak. Almal het gedink dis groot pret terwyl ons om die vierkant marsjeer terwyl ons tel tot 12 (syfervaardigheid!).

Almal het om die blou vierkantige tafel gesit en inkleur (horlosie met tandjie-motief) waarna groot-motoriese spel die grootste deel van die dag opgeneem het. Ons het ook aandag aan sirkels gegee, aangesien ons 'n pampoen in die groentetuin gaan oes het: dit was 'n skattejag na 'n pampoen wat in die blombedding "weggekruip" het.

Taal:
So tussenin die wassery en etery het ons 'n gediggie probeer inwerk:

Skoon hande
Hier is nou iets wat ek moet leer:
my hande was ek elke keer
net voor ek eet; dit is gesond
so bly die kieme uit my mond
(Elizabeth Snyman)

Vandag was ook werklik produktief aangesien ons dit reggekry het om 'n storie gelees te kry. Ek het vir die kleinstes se onthalwe gefokus op die kleurryke illustrasies en die storie aansienlik verkort. 'n STERK dramatiese aanslag het ook gehelp om die aandag te hou!! Dit het ook gehelp dat ons buite gesit het, sodat die kinstetiese leerdertjies (die meerderheid) elke nou en dan kon rondhardloop en weer storie luister.

Friday, January 28, 2011

Doktersafsprake back to back!

Ek, Corli, en Ilonka het vandag ons kinders vir n roetine ondersoek geneem na die tandarts en toe sommer die volgende 2 weke se speelgroep tema ook dokters, tandartse en hiegiene gemaak. Maar so 2 ure voor die tandarts afspraak val Dirk uit die stootwaentjie en val sy kennebak oop! Toe moes hy gaan steke kry het (2 stekies) met slegs lokale verdowing. Ons moes hom straight jacket en vasdruk, maar hy het nie gespook nie net so bietjie gehuil - Hy was vreeslik braaf en het selfs na die tyd het hy vir die Dokter dankie gese dat hy hom gehelp het toe ek hom aanmoedig.

So toe moes Dirk direk na hy steke gekry het, tandarts toe gaan!
Hier is sy stekies:
Die vorige 2 weke se tema was emosies en ons het die maandag af geskop met al die emosies in die boek - ons het sulke baie emosionele oomblik onder die kinders gehad ons kon net mooi niks gedoen kry nie.

So nou het ons besluit ons gaan n paar goed van die kurikulum af haal want elke keer as ons iets met hulle wil behandel word dit waar! Die temas wat ons gaan afhaal is "Hospitaal" en "Natuurrampe"!! hahaha

Thursday, January 27, 2011

Syfer spel

Ek het hierdie op die internet gekry by die Guide Craft website - dit kos $55! maar ek kan dit maklik maak van felt - ek het baie, ek wil dan sommer los syfers ook maak wat ons op die stepping stones sit. Hier is 'n voorbeeld:

en dan kan ons op n latere geleentheid kolle uitknip en dit uittel saam met die regte syfters. 


Tema: Gesondheid & Hiegiene

Ons volgende tema is Gesondheid en Hiegiene
Hier is 'n oulike website waar ons inkleurprente kan aflaai gratis:

Hierdie is een van hulle:



Gideon, Alex en Dirk gaan more tandarts toe vir 'n algemene ondersoek, en dan begin ons volgende week met die tema. Theoline, dalk wil jy jou kinders ook neem volgende week of so...?

Aktiwiteit:
Ek kan 'n paar goedjies uitknip uit filt soos n dokter en n stetoskoop, tandarts en tandeborsel, 'n bad en 'n waslap, dan moet hulle besluit watter item pas waar...

Ons kan ook 'n prentjie van 'n gesonde tand en \n tand met n gaatjie in uitdruk en dan kossoorte kos in tydskrifte, ek het baie Discovery Health tydskrifte en dan moet hulle besluit watter kos gee goeie tande en watter maak gaatjies...

Tema: Emosies: Die "Mad Hatter"

Hier is wat die kinders vandag gedoen het, Simeon en Daniel was nie hier vandag nie. Hulle het self die broodjie gesmeer met kaassmeer, self die polonie en piesang-oortjies gesny met n mes en self die sterretjie uitgedruk uit n skyfie kaas. Ek wou hulle so veel as moontlik los om dit self te doen. Die hoed is van piesangbrood , die neus n glanskersie. Sugarsnap ertjies maak die mond en pekanneut en rosyne ogies. Die hare is roomkaas wat ons deur die klei speel drukkerkies gedruk het dat dit soos spaghetti lyk.

Hierdie is Gideon s'n, hy het sommer alles opgeeet! Is dit nie pragtig nie!



Hieronder id Dirk s'n, Ek moet erken ek het hom bietjie gehelp om sy gesiggie te rangskik, want anders sou sy wangetjies nie opgepas het nie.hy het alles te na aan mekaar gepak.


Alex se man hieronder is vreeslik kunstig uitgevoer, heeltemal self - nog 'n Pablo Piccasso in wording!



die ververf skilderye volg nounou - as badtyd klaar is hier by ons!

Wednesday, January 26, 2011

Tema: Emosies

Spys en Drank

Ons kan gesiggies maak van gesonde kos wat ons dan in verskillende emosies kan rangskik.




Woorde vir die week

Elke week sal ek vir ons 6 woorde uitdruk waarmee ons kan speel. Soos op daardie Love2Learn DVD gese word, ons kan dit in die lug opgooi, daaroor spring, dit wegsteek ens ens. As julle wil kan julle elkeen ook die woorde uitdruk op n kartonpapier en dit vir julle kids later in die week wys. Ek stel voor druk dit aan albei kante uit sdat jy kan sien op die agterkant wat die woord s as jy dit gebruik vir flitskaarte en ook as mens daarmee speel, dan val dit nooit verkeerde kant ondertoe nie.

Ons Emosie woorde is: 
kwaad
bang
frustreerd
hartseer
gelukkig
kalm 

Download gerus hierdie jpg file om uit te druk. (ek kry nou nie die file ge-upload nie, sal later weer probeer...)

Speletjie

Hierdie speletjie kan ons speel, Plaas al die groot gesiggies op n tafel (of plak dit in die tuin teen 'n boom of muur vas) en gee die kind die klein gesiggies om te pas by die groottes, praat oor elke emosie.







Verwelkoming


Hierdie is my heel eerste blog post - eeek! 

Welkom Ilonka en Theoline en myself aan ons eie kuberruimte! Ons gaan hierdie blogspasie gebruik om al ons tuisskool idees bymekaar te hou. Almal kan iets byvoeg.

Ons kinders is Gideon en Simeon wat 5 word in 2011, Dirk, Alex en Daniël wat 3 word, Bart en Joshua wat 1 word en die roos tussen die dorings, Anja, wat 1 word. 


Ek dink wat ons moet doen is om elke tema te begin en dan as enige iemand iets wil by voeg, dan plaas ons net n comment daarby..? ok? of ons kan maar net die bestaande post edit.


Great! Let the fun and games begin!